Jan van Riebeeck's Prayer for South Africa (with Afrikaans version)


(Scroll down for Afrikaans version)

When Jan van Riebeek landed at the Cape on April 6, 1652 with the Dromodaris, the Reiger and Goede Hoop, he brought with him the seed of the Christian Faith, which is reflected by his dramatic prayer which he prayed for South Africa's future. It is no wonder that this land would be blessed with other commitments to God and Christian Renewal, such as the Voortrekker' desire (e.g. Piet Retief,) to take the Gospel with them to the native population when they set out on their Great Trek, the Vow made at Blood River in 1838, the labors of Rev. Daniel Lindley among the Voortrekkers and Zulus, the revival under Rev. Andrew Murray, the Vow made at Paarekraal, and the great spiritual renewal during Dr. John G Lake's ministry in 1908.

Here is that prayer:

"O Gracious and Most Merciful God and Heavenly Father, in Your Divine Majesty You have Saved us and called us to guide the affairs of the Dutch East India Company in this place, and to this end we are gathered here together in Your Name.

May the decisions we take further maintain justice and, among these wild and uncivilised people, may Your true and perfect Christian teachings be established and spread, to the honour and praise of Your Holy Name and the prosperity of our God Almighty, without whose merciful help we are powerless.

Therefore we pray to You, Most Merciful Father, and ask that You will stand by and support us with your Fatherly wisdom and understanding and preside over our gatherings; lift our hearts that all wrong passions, misunderstanding and bestial lusts be removed from us and cleanse our hearts; and so fix our minds that in our actions no other principles or motives are apparent other than the magnification and honor of Your most Holy Name so that we may best serve our Lord and Master, without in any way acting for our own advantage or taking into account personal gain, to which end we will carry out our orders and so earn a worthy blessing.

We pray and ask this in the Name of Your Beloved Son, our Master and Saviour Jesus Christ, who taught us to pray, 'Our Father who art in Heaven, hallowed be Thy Name..."

Afrikaanse Weergawe:

Toe Jan van Riebeeck op 6 April 1652 in die Kaap geland het met die Dromodaris, Reiger en Goede Hoop, het hy daarmee saam die saad van die Christelike geloof gebring, soos weerspiel word in 'n dramatiese gebed wat hy oor Suid Afrika se toekoms bid. Dis geen wonder dat hierdie land so geseen sou wees met ander geloftes en Christelike vernuwing, soos van die Voortrekkers se begeerte (bv. Piet Retief) om die evangelie saam met hulle Groot Trek na die inboorlinge toe te neem, die Bloedrivier Gelofte van 1838, Ds. Daniel Lindley se werk onder die Voortrekkers en Zoeloes, die herlewing onder Ds. Andrew Murray, die Paardekraal Gelofte en die groot na-oorlogse Gees vernuwing gedurende Dr. John G Lake se bediening in 1908.

Hier is daardie gebed:

Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u Goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos- Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat.

Daarom bid ons U, Allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer.

Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is.

Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus ... wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, ... Amen"